Archive for the ‘Latest blog’ Category

  • Die YukiSan Japanese Chins op Woef & kie

    Date: 2012.05.01 | Category: Japanese Chins, Latest blog | Response: 0

    Die Groot Jappie Boek

    Pluto speel met Khai Khi San

    Die heel eerste program van Woef & kie op Kyknet is gedeeltelik gewy aan die YukiSan Japanese Chins.

    Aangesien ons AL ons vriende laat weet het daarvan, het nogal baie mense dit gesien, en die wat dit nie gesien het, gaan NIE ontsnap nie.

    Ons het dit opgeneem!

    En verder, Pluto, Simon se seun wat nes Pucara Wizzkid lyk, gaan op die program aanbieder se skoot sit vir program 8.  Moet dit nie misloop nie!  En let op hoe hy sy tong al die kante toe rol soos hy konsentreer!